Add something new to Virb:

Virb

Are you sure you want to delete that?

or Cancel

 

Posted on Aug 24, 2008

Afrikaans Poet keeps flame burning at www.kabousverwoed.co.za

Have a listen at http://www.rhythmrecords.co.za/store/viewAlbum.asp?idAlbum=154

Review:

"Die direktheid van Kabous se woorde is sy sterk punt. G'n tierlantyntjies, net die feite. Dat hy die tipe diep, drankdeurweekte stem het wat jy verwag van die ou met die lang baard en hare in die hoek van die bar, help. Die musiek is divers, die resultaat van elke vriend wat sy ding kan doen (Jonathan Martin, Henry Steel, Piet Botha, Barry Steenkamp en meer) wat kom uithelp het. Ondanks die diverse musikante, behou die musiek steeds 'n sterk eenvormigheid - danksy Kabous se bruin kadetuniformstem. Die konsep van 'beenkamers' werk goed, die luisteraar wat deur die skrywer en prater self gelei word deur 'n denkbeeldige huis van woorde en onthousels en invloede. Kabous is soos baie van ons 'n oorgangskind, wat 80s noodtoestande onthou, dinge sien verander het en nou 'n vinger op die weghardlopende pols probeer hou. Dis nie 'n maklike taak nie, en soms dryf dit 'die skrywer' (in 'Beenkamer', 'n fantastiese onheilspellende stuk) herwaarts en derwaarts sonder bestemming of antwoord, behalwe dalk die eenvoudige belonings: 'vanaand gaan die brandewyn tot teen die rotse stoot.' Verder is daar liefde, vrolike dinge ook, sodat 'Laat jou naam jou eie wees, laat jou taxi voor donker kom,' (deel van 'n gebed op 'Bloedgebrek') jou vir 'n lang oomblik aan Breyten se 'Ek wil sterf en na my vader gaan' herinner danksy Alta Joubert se mooi klavier. Beenkamers en gange bevat dinge van ons pop culture wat deur die skeurvalleie van FHM , MK89 en ja, selfs Huisgenoot en Rapport se coverage geval het. Optelgoed is hougoed. Hierdie album is Die Besigheid."

- Toast Coetzer, Ons Klyntji, November 2006

Loading comments...

Likes

Details

Viewed 123 times

© 2008 Johan

virb.com/t/788163
tweet!

Flag this text post!

Flag this text post as:

or Cancel

 

Advertisement

Flag this profile!

Flag this profile as:

or Cancel